27 Die hoof-offisier het vir Paulus kom vra: “Is jy ’n Romeinse burger?”Paulus het geantwoord: “Ja.”
28 Die hoof-offisier het vir Paulus gesê: “Ek moes baie geld betaal om ’n Romeinse burger te word.”Maar Paulus het gesê: “Ek is ’n Romeinse burger vandat ek gebore is.”
29 Die soldate wat Paulus met ’n sweep wou slaan, het dadelik teruggestaan, en die hoof-offisier was ook bang, want die hoof-offisier het besef dat Paulus ’n Romeinse burger is en dat hy vir Paulus laat vasbind het.
30 Die hoof-offisier wou weet hoekom die Jode vir Paulus beskuldig het. Daarom het hy die volgende dag vir Paulus uit die tronk laat kom. Toe het die hoof-offisier gesê die hoëpriester en die hele Joodse Raad moet ’n vergadering hou. Hy het vir Paulus na die Joodse Raad geneem en hy het vir Paulus voor hulle laat staan.