2 Daar het manne naby Paulus gestaan, en Ananias, die hoëpriester, het vir hulle gesê hulle moet vir Paulus op sy mond slaan.
3 Toe het Paulus vir hom gesê: “God sal vir jóú slaan, jy is so skynheilig soos ’n muur wat vuil is, maar iemand het wit verf daaroor gesmeer. Jy sit hier om na die wette te luister en om my te oordeel, maar jy doen self nie wat die wette sê nie, jy sê hulle moet my slaan.”
4 Die manne wat naby Paulus gestaan het, het vir hom gesê: “Jy beledig nou God se hoëpriester!”
5 Paulus het geantwoord: “Vriende, ek het nie geweet dat hy die hoëpriester is nie. Ek weet in die Ou Testament is daar geskryf:“Jy mag nie slegte dinge sêvan ’n leier van jou volk nie.”
6 Paulus het gesien dat party van die lede van die Joodse Raad Sadduseërs is en dat party van hulle Fariseërs is. Daarom het hy hard voor die Joodse Raad gepraat en hy het gesê: “Vriende, ek is ’n Fariseër en my pa was ook ’n Fariseër. Ek glo en ek weet dat God mense wat gesterf het, weer sal laat lewe, dit is seker. Dit is hoekom ek vandag hier is en hoekom julle my moet oordeel.”
7 Toe Paulus dit sê, het die Fariseërs en die Sadduseërs met mekaar begin stry, en al die mense wat daar was, het in twee groepe verdeel.
8 Hulle het gestry, want die Sadduseërs glo nie dat God die mense wat gesterf het, weer sal laat lewe nie. Hulle glo ook nie dat daar engele of geeste is nie. Maar die Fariseërs glo dit alles.