27 Die Jode het hierdie man gevang en hulle wou hom doodmaak. Maar ek het gehoor dat hy ’n Romeinse burger is, en daarom het ek met soldate gegaan en ons het hom gaan red.
28 Ek wou uitvind hoekom die Jode hom beskuldig het. Daarom het ek hom na die Joodse Raad gestuur.
29 Ek het uitgevind hulle beskuldig hom dat hy nie doen wat die Joodse wette sê nie. Dit is dinge waaroor die Jode baie stry. Maar hy het niks gedoen waaroor ’n mens hom moet doodmaak of in die tronk moet gooi nie.
30 Iemand het vir my kom sê dat die Jode ’n geheime plan gemaak het teen hom. Daarom het ek hom dadelik na jou toe gestuur. En ek het vir die Jode wat hom beskuldig, gesê hulle moet na jou toe gaan en hulle moet sê wat hy verkeerd gedoen het.
31 Die soldate het toe gedoen wat die hoof-offisier vir hulle gesê het. Toe dit nag was, het hulle vir Paulus na die stad Antipatris geneem.
32 Die volgende dag het hulle die soldate wat op perde gery het, verder saam met Paulus laat gaan, en die ander soldate het teruggegaan na Jerusalem, na die soldate-kamp toe.
33 Toe die soldate wat op perde gery het, in Sesarea kom, het hulle die brief vir die goewerneur gegee en hulle het vir Paulus voor die goewerneur laat staan.