20 Ek het voor die Joodse Raad gestaan en hulle het ook vir my vrae gevra. Goewerneur, jy kan vra vir die Jode wat nou hier is. Hulle het niks gekry wat ek verkeerd gedoen het nie.
21 Miskien is daar een ding wat ek gesê het wat hulle dink is verkeerd. Ek het een ding geskree en gesê toe ek voor hulle gestaan het. Ek het gesê: ‘God sal mense wat gesterf het, weer laat lewe. Dit is hoekom ek vandag hier is, en dit is hoekom julle my moet oordeel.’ ”
22 Feliks het baie geweet van “Die Pad.” En hy het gesê dat al die Jode wat daar was, eers moet weggaan. Hy het gesê: “Wanneer Lisias, die hoof-offisier, kom, dan sal ek besluit wie is reg.”
23 Toe het Feliks vir die hoof-offisier gesê dat Paulus in die tronk moes bly, maar hy het gesê die soldate moenie baie kwaai wees met Paulus nie. Hy het gesê dat Paulus se vriende hom mag besoek en dat hulle vir hom alles mag bring wat hy nodig het.
24 ’n Paar dae later het Feliks na die tronk gegaan. Feliks se vrou Drusilla het saam met hom gegaan, sy was ’n Joodse vrou. Feliks het vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal. Toe het Feliks geluister na wat Paulus sê oor geloof in Christus Jesus.
25 Paulus het gesê dat mense reg moet doen en ook dat niemand mag doen wat hy wil doen nie. Hy het ook gesê dat die tyd sal kom wanneer God al die mense sal oordeel. Daarom het Feliks baie bang geword. Hy het vir Paulus gesê: “Jy moet nou eers teruggaan tronk toe. Wanneer ek tyd het, dan sal ek jou weer laat roep.”
26 Feliks het ook gehoop dat Paulus vir hom omkoopgeld sal gee sodat hy vir Paulus uit die tronk sal laat kom. Daarom het hy gereeld die soldate gestuur om vir Paulus te gaan haal, en dan het hy met Paulus gesels.