3 Dit is vir ons altyd lekker om die goeie dinge te sien wat jy oral vir ons volk doen. Ons is baie dankbaar daaroor.
4 Maar ek wil nie jou tyd mors nie, ek sal nie lank praat nie. Ek weet jy is altyd vriendelik met mense, daarom vra ek jou baie mooi om te luister na wat ons vra.
5 Ons het uitgevind dat hierdie man oral baie probleme maak. Hy maak Jode oral in die wêreld opstandig teen die regering en hy is ’n leier van die groep mense wat verkeerde dinge glo, hulle glo in Jesus van Nasaret.
6 “Hy het ook probeer om die tempel in Jerusalem ’n onrein plek te maak. Daarom het ons hom gevang.