8 Ons beskuldig hom oor al hierdie dinge. Jy moet hom self vra en dan kan jy hoor wat hy daarvan sê.”
9 Die ander Jode wat daar was, het gesê dat Tertullus die waarheid praat.
10 Die goewerneur het vir Paulus gewys dat hy mag praat. Paulus het vir hom gesê: “Ek weet jy is baie jare lank regter oor hierdie volk. Daarom wil ek graag vir jou sê dat ek onskuldig is.
11 “Omtrent twaalf dae gelede het ek na Jerusalem gegaan om te aanbid.
12 Toe die Jode my in die tempel gekry het, was ek nie besig om met iemand te stry nie. Ek het ook nie mense opstandig gemaak nie, nie in die sinagoges nie, en ook nie op ander plekke in die stad Jerusalem nie.
13 Hulle sê nou dinge teen my, maar hulle kan dit nie bewys nie.
14 “Maar een ding is waar, ek is een van die mense wat behoort aan ‘Die Pad.’ Die Jode sê ons is ’n groep mense wat verkeerde dinge glo. Ek aanbid die God van ons voorvaders en ek glo alles wat in die Wette van Moses geskryf is en alles wat die profete geskryf het.