15 Toe ek in Jerusalem was, het die priesterleiers en die ouderlinge vir my vertel van die man, en hulle het gevra dat ek hom moet oordeel en moet sê hy is skuldig.
16 Maar ek het vir hulle gesê die Romeine doen dit nooit nie. Die Romeine maak eers seker dat iemand skuldig is en dan gee hulle hom vir die mense sodat hulle hom kan oordeel. Wanneer mense sê iemand is skuldig, dan moet daardie man hulle kan sien en kan hoor wat hulle sê, en dán moet hy sê hoekom hy nie skuldig is nie.
17 Toe het die Jode hier in Sesarea na my toe gekom. Ek het dadelik die volgende dag op die regterstoel gaan sit en vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal.
18 Die Jode het opgestaan en hulle het hom beskuldig. Ek het gedink hulle sal vertel van die slegte dinge wat hy gedoen het, maar hulle het niks slegte dinge teen hom gesê nie.
19 Hulle het met hom gestry oor dinge van hulle eie godsdiens, en oor iemand wat dood is, sy naam is Jesus, maar Paulus het gesê Jesus lewe weer.
20 Ek het nie geweet hoe om vrae oor daardie dinge te vra nie. Daarom het ek vir Paulus gevra of hy na Jerusalem wil gaan sodat ek hom daar kan oordeel oor hierdie sake.
21 Maar Paulus het gesê hy wil in die tronk bly en hy wil na die keiser toe gaan sodat die keiser kan besluit of hy skuldig is. Daarom het ek gesê hy moet in die tronk bly totdat ek hom na die keiser toe kan stuur.”