4 Maar Festus het gesê dat Paulus in Sesarea in die tronk moet bly. Festus het ook gesê dat hy gou na Sesarea sal teruggaan.
5 Hy het gesê: “Dan kan julle leiers saam met my na Sesarea gaan, en as Paulus iets verkeerd gedoen het, dan kan julle hom beskuldig.”
6 Festus het nog omtrent ag of tien dae in Jerusalem gebly en toe het hy teruggegaan na Sesarea. Die volgende dag het hy op die regterstoel gaan sit en vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal.
7 Die soldate het vir Paulus gebring en toe het die Jode wat van Jerusalem gekom het, rondom hom gaan staan. Hulle het vir Paulus beskuldig en hulle het baie slegte dinge teen hom gesê, maar hulle kon dit nie bewys nie.
8 En Paulus het gesê dat hy onskuldig is. Hy het gesê: “Ek het niks gedoen teen die wette van die Jode nie, ook nie teen die tempel in Jerusalem nie, en ook nie teen die keiser nie.”
9 Maar Festus wou iets goed doen vir die Jode en hy het vir Paulus gevra: “Wil jy na Jerusalem gaan sodat ek jou daar kan oordeel oor hierdie sake?”
10 Maar Paulus het geantwoord: “Nee, ek wil voor die regterstoel van die keiser in Rome gaan staan, die keiser moet my oordeel. Ek het niks verkeerd gedoen aan die Jode nie. Jy weet dit baie goed.