28 Agrippa het vir Paulus gesê: “Jy moenie dink dat jy my so maklik ’n Christen sal maak nie!”
29 Paulus het geantwoord: “Ek bid en vra vir God dat Hy vir jou sal maak soos ek is, en dat Hy dit ook sal doen vir al hierdie mense wat vandag na my luister. God kan dit gou doen of Hy kan dit ná ’n lang tyd doen, dit maak nie saak nie. Ja, ek wil hê julle moet wees soos ek is, maar julle moenie gevangenes wees nie.”
30 Toe het die koning opgestaan, ook die goewerneur en Bernice en die mense wat by hulle gesit het.
31 Toe hulle uitgaan uit die saal, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is onskuldig. ’n Mens mag hom nie straf en doodmaak nie. Hy moet ook nie in die tronk wees nie.”
32 En Agrippa het vir Festus gesê: “Hierdie man het gesê dat die keiser hom moet oordeel. As hy dit nie gevra het nie, dan kon hy nou uit die tronk gekom het.”