8 Hoekom wil julle nie glo dat God mense wat gesterf het, weer kan laat lewe nie?
9 “Voorheen het ek gedink dat ek baie slegte dinge moet doen teen die Naam van Jesus van Nasaret.
10 In Jerusalem het ek baie slegte dinge gedoen aan die mense wat aan God behoort. Ek het baie van daardie mense in tronke laat gooi. Die priesterleiers het gesê ek mag dit doen. Ek het ook gesê dit is reg toe hulle die mense doodgemaak het wat aan Jesus behoort.
11 Ek het hulle baie maal gestraf en ek het gesê hulle móét in al die sinagoges slegte dinge sê teen God. Ek was baie kwaad vir hulle en ek het baie slegte dinge gedoen aan hulle, ook in die stede in ander lande, ver weg van Jerusalem.
12 “Dit is hoekom ek na die stad Damaskus gegaan het. Die priesterleiers het gesê ek kan en moet dit gaan doen.
13 Ek was besig om na die stad Damaskus te gaan. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Koning, toe het ek ’n lig gesien wat uit die hemel skyn. Die lig was baie helder, meer helder as die son. Die lig het op my geskyn, en ook op die mense wat saam met my geloop het.
14 Ons het almal op die grond geval, en toe het ek Iemand gehoor praat. Hy het in Hebreeus vir my gesê: ‘Saul, Saul, hoekom doen jy slegte dinge aan My? Jy maak jouself seer as jy nie na My luister nie.’