18 Die Romeine het vir my vrae gevra om uit te vind of ek skuldig is. Hulle wou my laat gaan, want ek het niks verkeerd gedoen waaroor hulle my moes straf en doodmaak nie.
19 Ek het ook nooit my volk beskuldig nie, maar die Jode in Jerusalem wou nie hê dat die Romeine my moet laat gaan nie. Daarom kon ek niks anders doen nie, ek moes sê dat ek voor die regterstoel van die keiser wil kom staan. Die keiser moet my oordeel.
20 Dit is hoekom ek gevra het om julle te sien sodat ek met julle kan praat. Ek glo en hoop dieselfde dinge wat al die Israeliete glo en hoop. Dit is hoekom ek nou ’n gevangene is, en dit is hoekom die soldate my vasgemaak het met kettings.”
21 Die Jode in Rome het vir Paulus gesê: “Die Jode in Judea het nie vir ons briewe geskryf oor jou nie. En niemand van hulle het hier by ons aangekom en slegte dinge gesê van jou nie.
22 Maar ons wil graag hoor wat jy dink, want ons weet hierdie groep mense glo in Jesus, maar die mense sê oral dat die groep verkeerde dinge glo.”
23 Hulle het toe besluit op watter dag hulle weer na Paulus toe sal kom. Op daardie dag het baie Jode na Paulus se huis gekom. Hy het die hele dag met hulle gepraat. Hy het baie ernstig met hulle gepraat en hy het vir hulle gesê dat God Koning is. Hy het ook uit die Wette van Moses en die boeke van die profete gelees en hy het vir hulle gesê dat hulle in Jesus moet glo.
24 Party van die Jode het geglo wat Paulus gesê het, maar party het nie geglo nie.