9 Nadat dit gebeur het, het ander mense wat op die eiland gewoon het en wat siek was, ook na Paulus toe gekom, en hy het hulle gesond gemaak.
10 Hulle het vir ons baie goed gegee wat gewys het dat hulle ons respekteer. Hulle het ook vir ons alles gegee wat ons moes hê toe ons weer weggeseil het met ’n skip.
11 Drie maande het verbygegaan. Toe het ons met ’n ander skip weggeseil van die eiland Malta. Die skip het van die stad Aleksandrië gekom en dit het daar by die eiland gewag totdat die winter verby was. Die skip se naam was Dioskuri.
12 Ons het met die skip geseil tot by die stad Sirakuse. Ons het drie dae daar gebly.
13 Toe het ons weggeseil van Sirakuse en ons by die stad Regium gekom. Ná een dag het ’n suidewind begin waai, en die volgende dag het ons geseil tot by die stad Puteoli.
14 In Puteoli was daar ook gelowiges. Hulle het vir ons gevra om sewe dae by hulle te bly. En toe het ons na Rome gegaan.
15 Die gelowiges wat in Rome gewoon het, het gehoor dat ons kom. Hulle het ons kom groet. Party van hulle het ons kom groet by die Mark van Appius, en party van hulle het ons kom groet by die Drie Herberge. Toe Paulus die gelowiges sien wat van Rome kom, het hy gebid en vir God dankie gesê en hy het sterk gevoel.