1 Eendag het Petrus en Johannes na die tempel gegaan. Dit was die tyd toe die mense na die tempel gekom het om te bid, omtrent drie-uur in die middag.
2 Daar was mense wat besig was om ’n lam man nader te dra. Hy was lam vandat hy gebore is. Sy mense het hom elke dag by een van die poorte van die tempel neergesit. Die poort se naam was Mooi-poort. Die man het elke dag geld gevra vir die mense wat by die tempel ingaan.
3 Die man het vir Petrus en Johannes gesien toe hulle by die tempel wou ingaan, en hy het vir hulle geld gevra.
4 Petrus en Johannes het reguit na hom gekyk. Toe sê Petrus: “Kyk na ons.”
5 Die man het na hulle gekyk en hy het gehoop dat hulle iets vir hom sal gee.