6 Toe sê Petrus: “Ek het nie geld nie, maar ek gee vir jou wat ek het. Jesus Christus van Nasaret het my gestuur. Daarom mag ek sy Naam sê en vir jou sê: Staan op en loop.”
7 Toe neem Petrus die man se regter-hand en hy help hom om op te staan. Die man se voete en enkels het dadelik sterk geword
8 en hy het opgespring en regop gestaan. Toe begin hy rondloop en hy gaan saam met Petrus en Johannes in die tempel in terwyl hy loop en spring en vir God prys.
9 Al die mense het gesien dat hy rondloop en dat hy vir God prys.
10 Hulle het hom geken, hulle het geweet dat hy die man was wat by die Mooi-poort van die tempel gesit het en geld gevra het. En hulle was baie verbaas oor wat met hom gebeur het.
11 Die man het vasgehou aan Petrus en Johannes. Hulle het gestaan in die Pilaargang van Salomo en al die mense het na hulle toe gehardloop. Die mense was baie verbaas.
12 Toe Petrus die mense sien, het hy met hulle begin praat en gesê:“Israeliete, hoekom is julle so verbaas oor hierdie wonderwerk? En hoekom kyk julle so na ons? Dink julle ons het met ons eie krag hierdie man weer laat loop? Of dink julle ons kon dit doen omdat ons so godsdienstig is?