3 Hulle het toe vir Petrus en Johannes gevang en hulle het hulle in die tronk gesit tot die volgende dag, want dit was al klaar donker.
4 Maar baie van die mense wat gehoor het wat Petrus en Johannes sê, het begin glo. Hulle het net die mans getel, en daar was omtrent 5 000 mans.
5 Die volgende dag het die Jode se leiers en familieleiers en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaargekom.
6 Annas die hoëpriester, Kajafas, Johannes, Aleksander, en al die ander mans wat familie was van die hoëpriester, was ook daar.
7 Hulle het vir Petrus en Johannes in die middel laat staan en het vir hulle gevra: “Wie se krag of wie se naam het julle gebruik toe julle die lam man gesond gemaak het?”
8 Die Heilige Gees het toe in Petrus gekom, en Petrus het gesê: “Leiers van die volk en familieleiers,
9 julle beskuldig ons vandag omdat ons iets goed gedoen het vir ’n siek man, omdat ons iets gedoen het wat hierdie man gesond gemaak het.