6 Die jongmanne het toe gekom, hulle het hom toegedraai en hom uitgedra en gaan begrawe.
7 Ná omtrent drie uur het Ananias se vrou daar aangekom. Sy het nie geweet wat gebeur het nie.
8 Petrus sê toe vir haar: “Sê vir my, het julle die grond verkoop vir soveel geld soos Ananias gesê het?”Sy sê toe: “Ja, dit is hoeveel geld ons gekry het.”
9 Petrus het vir haar gesê: “Hoekom het jy en jou man saam besluit om die Gees van die Here te toets? Kyk, die jongmanne wat jou man begrawe het, staan hier by die deur en hulle sal jou ook uitdra.”
10 Sy het dadelik gesterf en sy het by Petrus se voete op die grond geval. Toe die jongmanne inkom en sien dat sy dood is, het hulle haar uitgedra en hulle het haar by haar man begrawe.
11 Die hele gemeente en almal wat dit gehoor het, het baie bang geword.
12 Die Here het die apostels baie tekens en wonderwerke laat doen by die mense. En al die gelowiges het baie maal bymekaargekom in die Pilaargang van Salomo.