6 Die gelowiges het hierdie manne voor die apostels laat staan. Die apostels het vir hulle gebid en hulle het hulle hande op die manne gesit.
7 Meer en meer mense het die boodskap van God gehoor, en die gelowiges in Jerusalem het baie meer geword. Baie priesters het ook gehoorsaam geword, hulle het gelowiges geword.
8 God was genadig vir Stefanus en Hy het vir hom ook baie krag gegee, Stefanus het wonderwerke en groot tekens gedoen. Al die mense het geweet daarvan.
9 Daar was Jode wat aan een van die sinagoges behoort het. Hierdie Jode was eers slawe maar toe het die Romeine gesê hulle mag vry wees. Hulle het gekom van Sirenië, Aleksandrië, Silisië en Asië. Hulle het begin om baie met Stefanus te praat en te stry.
10 Maar hulle was nie so slim soos Stefanus nie. Stefanus het met wysheid gepraat, die Heilige Gees het vir hom gesê wat hy moet sê.
11 Toe het die Jode omkoopgeld betaal vir party manne, en hierdie manne het gesê: “Ons het gehoor dat Stefanus vir Moses en God beledig.”
12 Die manne van die sinagoge het vir die mense van Jerusalem en die familieleiers en die skrifgeleerdes kwaad gemaak vir Stefanus. Die mense het na Stefanus toe gehardloop, hulle het hom gegryp en na die Joodse Raad gebring.