39 Maar ons voorvaders wou nie luister na Moses nie. Hulle wou nie hoor wat hy sê nie, en hulle het verlang na Egipte.
40 Hulle het vir Aäron gesê: ‘Maak vir ons gode wat vir ons verder kan lei. Want ons weet nie wat met Moses gebeur het nie, Moses wat ons uitgelei het uit Egipte.’
41 Toe het hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak, en hulle het offers gebring vir die afgod. Hulle was baie bly oor die beeld wat hulle met hulle hande gemaak het en hulle het feesgevier.
42 Maar God het hulle gelos, Hy het hulle nie meer gekeer wanneer hulle die sterre wou aanbid nie. Dit is wat geskryf is in die boek van die profete:“Mense van Israel,het julle vir My brand-offersen ander offers gebringtoe julle 40 jaar lankin die woestyn was?
43 Nee, julle het nie!Julle het die tentvan Molek saamgeneemen die ster van julle god Refan.Julle het hierdie beelde gemaakom te aanbid.Daarom sal Ek julle wegstuurtot anderkant Babilon.
44 “Ons voorvaders het die tent en die tien gebooie wat daarin was, by hulle in die woestyn gehad. God het vir Moses gesê om die tent te maak. Dit moes dieselfde lyk soos die tent wat God vir Moses gewys het.
45 Ons voorvaders het hierdie tent gekry en hulle het dit in hierdie land ingebring. Dit het gebeur toe Josua die land oorwin en gevat het. God het die volke wat daar woon, weggejaag sodat ons voorvaders daar kon woon. Die tent het in die land gebly tot in die tyd toe Dawid gelewe het.