10 Al die mense, die kinders en die grootmense, het ook gedink dat hy baie belangrik is. Hulle het gesê: “Hierdie man is die Krag van God, die mense noem hom ‘Die Groot Krag van God.’ ”
11 Hulle het gedink dat Simon baie belangrik is omdat hy ’n lang tyd getoor het en die mense het gedink dat dit wonderlik is.
12 Maar toe het Filippus gekom en hy het die goeie boodskap gebring dat God Koning is, die boodskap oor die Naam van Jesus Christus. Toe het die mense vir Filippus begin glo, en hulle is gedoop, die mans én die vroue.
13 Simon het self ook begin glo. Nadat hy gedoop is, het hy die hele tyd by Filippus gebly. Hy het die tekens en wonderwerke gesien wat gebeur het, en hy was baie verbaas.
14 Die apostels in Jerusalem het gehoor dat die mense in Samaria die boodskap van God aanvaar het. Hulle het toe vir Petrus en Johannes na Samaria gestuur.
15 Petrus en Johannes het gegaan en hulle het gebid dat die mense die Heilige Gees kan kry.
16 Want die Heilige Gees het toe nog nie in een van hulle gekom nie. Hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.