17 Petrus en Johannes het toe hulle hande op die mense gesit, en die mense het die Heilige Gees gekry.
18 Toe Simon sien dat die apostels hulle hande op mense sit en dat die mense dan die Heilige Gees kry, wou hy vir die apostels geld gee.
19 Hy het gesê: “Gee vir my ook hierdie krag. Dan kan ek ook my hande op iemand sit sodat hy die Heilige Gees kan kry.”
20 Maar Petrus het vir hom gesê: “Gaan na die hel, jy én jou geld, omdat jy gedink het dat jy hierdie present van God met geld kan koop.
21 God kan jou nie gebruik in sy werk nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
22 Jy moet hierdie slegte dinge wat jy dink, los en jy moet vir die Here vra of Hy jou sal vergewe omdat jy so verkeerd dink.
23 Want ek sien dat jy baie jaloers is en dat slegte gedagtes jou vashou.”