38 Die amptenaar het gesê die wa moet stop. Filippus en die amptenaar het afgeklim tot in die water, en Filippus het hom gedoop.
39 Toe hulle uit die water kom, het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem en die amptenaar het hom nie weer gesien nie. Die amptenaar het toe verder gegaan en hy was toe gelukkig.
40 Filippus was later in die stad Asdod. Hy het na verskillende plekke gegaan en hy het die goeie boodskap gebring in al die stede totdat hy in die hawestad Sesarea gekom het.