26 Want as ons sonde doen en ons weet dat ons sonde doen, maar ons doen dit nadat ons geleer het en weet wat die waarheid is, dan sal ’n sonde-offer nie meer help om ons sondes te vergewe nie.
27 Nee, dan moet ons bang wees omdat ons weet dat God ons sal oordeel, sy straf sal wees soos ’n baie warm vuur wat almal verbrand wat teen God is.
28 Wanneer twee of drie getuies sê dat iemand ongehoorsaam was aan die Wette van Moses, dan moet daardie persoon sterf.
29 As dit so is, wat dink julle sal gebeur met die persoon wat dink dat die Seun van God nie belangrik is nie? Of wat dink julle sal gebeur met die persoon wat dink dat die bloed onrein is, die bloed wat wys dat God ’n verbond met julle gemaak het? Dit is hierdie bloed, die bloed van die Seun, waarmee God die persoon gewy het wat so dink. En wat dink julle sal gebeur met iemand wat slegte dinge gesê het van die Heilige Gees wat goeie dinge vir ons gee? God sal so iemand baie swaarder straf as iemand wat nie geluister het na die Wette van Moses nie.
30 Want ons weet wie hierdie woorde gesê het: Dit is Ék wat mense sal strafoor wat hulle verkeerd gedoen het.Hy het ook gesê: Die Here sal sy volk oordeel.
31 Almal moet bang wees wanneer God oordeel, die God wat lewe.
32 Maar julle moet onthou dat julle baie swaar gekry het in daardie tyd toe julle gelowiges geword het, maar julle het aangehou om in Christus te glo.