4 want die bloed van bulle en bokke kan glad nie sondes wegneem nie.
5 Daarom, toe Christus in die wêreld gekom het, het Hy gesê: U wou nie ’n offer en ’n presenthê nie,U het my liggaam gemaaken U wil my liggaam hê.
6 U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offersmoet bring nie.
7 Toe het Ek gesê: “Kyk,Ek het gekom om te doenwat U wil hê, o God.Dit is oor My geskryf in die boekwaarin u wette is.”
8 Christus het eers gesê:U het nie offers en presente enbrand-offers en sonde-offersgevra nie,en U wou nie al hierdie offershê nie.Dit is die wette wat sê dat ons die offers moet bring.
9 Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.”So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek.
10 Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy.