15 Want as dit waar is dat hulle aangehou het om te dink aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, dan sou hulle kon teruggaan daarnatoe.
16 Maar hulle het nie aangehou om te dink aan daardie land nie. Nee, hulle het verlang na ’n beter land, dit is by God in die hemel. Daarom is God nie skaam dat hulle kon sê dat Hy hulle God is nie. Daarom het Hy vir hulle ’n stad gereedgemaak om in te woon.
17 God het vir Abraham ’n nageslag belowe, maar God wou vir Abraham toets. Hy wou kyk wat Abraham sal doen en Hy het gesê Abraham moet sy seun offer. Abraham het in God geglo. Daarom was Abraham gewillig om vir Isak te offer en het hy begin om sy enigste seun te offer.
18 God het van Abraham se seun gesê: “Die nageslag van Isak sal jou nageslag wees.”
19 Abraham het gedink dat God mense wat dood is, weer kan laat lewe, en daarom het hy vir Isak teruggekry. Dit is ’n voorbeeld wat wys hoe God mense wat dood is, weer sal laat lewe.
20 Isak het in God geglo, en daarom het Isak vir Jakob en Esau geseën, Isak het hulle geseën ook oor dinge wat nog later sal gebeur.
21 Jakob het in God geglo, en daarom het Jakob altwee die seuns van Josef geseën en het hy God aanbid terwyl hy oor die knop van sy kierie gebuig het. Jakob het dit gedoen terwyl hy besig was om te sterf.