11 Ek was kwaad en Ek het gesê:“So seker soos Ek lewe,hulle sal nie kom in die landwaar Ek hulle veiligwou laat woonen laat rus nie.”
12 My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie.
13 Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “vandag.”
14 Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het.
15 Dit is soos die Ou Testament sê: Vandag, wanneer julle luisterna wat God sê,dan moet julle nie sohardkoppig weessoos toe julle opstandig wasteen God nie.
16 Wie is daardie mense wat gehoor het wat God gesê het, maar wat opstandig was? Dit is al die mense wat saam met Moses uit die land Egipte getrek het, dit is seker.
17 Vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Hy was kwaad vir die mense wat sonde gedoen het, daardie mense se dooie liggame het in die woestyn gelê.