7 Daarom, die Heilige Gees sê: Vandag, wanneer julle luisterna wat God sê,
8 dan moet julle nie hardkoppigwees nie,soos toe julle opstandigwas teen Godop die dag toe julle vir Homin die woestyn getoets het.
9-10 Julle voorvaders het daar40 jaar lank gesienwat Ek gedoen het,maar hulle het My getoets,hulle wou kyk of Ek hullesal straf.Daarom was Ek kwaadvir daardie geslagen Ek het gesê:“Hulle is mense wat nooit weetwat hulle doen nie,hulle wil nie lewe soos Ekwil hê nie.”
11 Ek was kwaad en Ek het gesê:“So seker soos Ek lewe,hulle sal nie kom in die landwaar Ek hulle veiligwou laat woonen laat rus nie.”
12 My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie.
13 Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “vandag.”
14 Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het.