1 Hierdie man Melgisedek was koning van die stad Salem. Hy was ’n priester van die Hoogste God. Melgisedek het vir Abraham ontmoet toe Abraham teruggekom het nadat hy die konings oorwin het. En Melgisedek het vir Abraham geseën.
2 Abraham het ook vir Melgisedek een tiende gegee van alles wat hy teruggebring het. Melgisedek se naam beteken “die koning wat dinge doen wat reg is.” Die naam Melgisedek kan ook beteken “koning van Salem.” Omdat Salem “vrede” beteken, beteken sy naam daarom ook “die koning wat vrede maak.”
3 Ons lees nie van Melgisedek se pa of ma nie, daar is ook nie ’n lys van die name van Melgisedek se voorouers nie, ons lees ook nie van die begin of van die einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly vir altyd ’n priester.
4 Julle moet goed verstaan hoe belangrik hierdie Melgisedek was. Ons voorvader Abraham het een tiende van die beste van alles wat hy in die oorlog gevat het, vir Melgisedek gegee.
5 Die Wette van Moses sê dat die mense wat van die nageslag van Levi is, priesters mag wees, en hulle mag tiendes neem van die volk. Die volk is die Leviete se broers en die volk is die nageslag van Abraham, maar die Leviete kon tiendes neem van die volk.
6 Maar Melgisedek was nie een van die Levi-priesters nie, en hy het ’n tiende van Abraham geneem. God het vir Abraham goeie dinge belowe, en Melgisedek het vir Abraham geseën.