10 Want Levi was toe nog in sy voorvader Abraham se liggaam toe Melgisedek vir Abraham ontmoet het.
11 Die volk het die Wette van Moses ontvang om vir hulle te vertel van die werk van die priesters van die nageslag van Levi. As dit waar is dat hierdie priesters van die nageslag van Levi hulle werk heeltemal klaar gedoen het, hoekom moes daar ’n ander priester kom? Hoekom moes hy ’n priester wees wat soos Melgisedek is en nie soos Aäron nie?
12 Want wanneer ander mense priesters word, dan moet die wet ook verander.
13 Want die Ou Testament het hierdie belofte oor hierdie ander priester gemaak, en hy was van ’n ander stam. Niemand van hierdie stam was ’n priester by die altaar nie.
14 Want almal weet dat ons Here van die Juda-stam kom. Moses het niks gesê oor priesters in die Juda-stam nie.
15 En wanneer daar ’n ander priester kom wat soos Melgisedek is, dan is dit nog meer duidelik
16 dat hy nie ’n priester geword het soos die wette en reëls oor mense se afstammelinge sê nie. Nee, Hy het ’n priester geword omdat Hy nie kon sterf nie.