15 En wanneer daar ’n ander priester kom wat soos Melgisedek is, dan is dit nog meer duidelik
16 dat hy nie ’n priester geword het soos die wette en reëls oor mense se afstammelinge sê nie. Nee, Hy het ’n priester geword omdat Hy nie kon sterf nie.
17 Want in die Ou Testament is geskryf: Jy self sal altyd ’n priester wees,soos Melgisedek ’n priester was.
18 Daar is nie meer priesters nie, want die wette wat voorheen daar was oor priesters, was swak en dit het nie vir die mense gehelp nie.
19 Ja, die wet het niks heeltemal reg gemaak soos dit moes wees nie. Maar nou gee God vir ons iets, en ons is baie seker daarvan. Daarom kan ons nou nader kom na God toe.
20 Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het. Die Levi-priesters het priesters geword, maar God het dit nie vir hulle belowe nie.
21 Maar Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe,en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester wees.