19 Ja, die wet het niks heeltemal reg gemaak soos dit moes wees nie. Maar nou gee God vir ons iets, en ons is baie seker daarvan. Daarom kan ons nou nader kom na God toe.
20 Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het. Die Levi-priesters het priesters geword, maar God het dit nie vir hulle belowe nie.
21 Maar Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe,en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester wees.
22 God het dit vir Jesus belowe, daarom het Jesus die Een geword wat borg staan vir ’n beter verbond.
23 Die ou verbond en die nuwe verbond is nie dieselfde nie: Priesters het gesterf, en daar het altyd ander priesters in hulle plek gekom. Daarom was daar baie priesters in die ou verbond.
24 Maar Jesus lewe vir altyd, daarom hou Hy aan om ’n priester te wees.
25 Daarom kan Jesus ook die mense heeltemal red, die mense wat Hy na God toe gelei het. Jesus kan dit doen omdat Hy vir altyd lewe om vir God te vra om hulle te help.