3 Ons lees nie van Melgisedek se pa of ma nie, daar is ook nie ’n lys van die name van Melgisedek se voorouers nie, ons lees ook nie van die begin of van die einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly vir altyd ’n priester.
4 Julle moet goed verstaan hoe belangrik hierdie Melgisedek was. Ons voorvader Abraham het een tiende van die beste van alles wat hy in die oorlog gevat het, vir Melgisedek gegee.
5 Die Wette van Moses sê dat die mense wat van die nageslag van Levi is, priesters mag wees, en hulle mag tiendes neem van die volk. Die volk is die Leviete se broers en die volk is die nageslag van Abraham, maar die Leviete kon tiendes neem van die volk.
6 Maar Melgisedek was nie een van die Levi-priesters nie, en hy het ’n tiende van Abraham geneem. God het vir Abraham goeie dinge belowe, en Melgisedek het vir Abraham geseën.
7 Almal weet dat ’n mens wat belangrik is, die minder belangrike mens seën.
8 Die Levi-priesters ontvang tiendes en hulle is mense wat sal sterf. Maar Melgisedek ontvang ook tiendes, en die Ou Testament sê dat hy aangehou het om te lewe.
9 ’n Mens kan miskien sê die nageslag van Levi wat tiendes ontvang, het ook vir Melgisedek tiendes gegee toe Abraham vir Melgisedek ontmoet het en vir hom ’n tiende gegee het.