2 Miskien kom daar in julle vergadering ’n man wat ’n goue ring aan sy vinger het en wat mooi klere dra. En miskien kom daar ook ’n arm man wat vuil en stukkende klere dra.
3 As julle dink die man wat die mooi klere dra, is belangrik en julle sê vir hom: “Kom sit hier op die goeie sitplek,” maar julle sê vir die arm man: “Gaan staan daar agter” of “Sit hier by my voete,”
4 dan dink julle dat die een persoon belangriker is as die ander persoon. Dan is julle soos regters wat verkeerd besluit omdat hulle verkeerd dink.
5 My vriende, ek is baie lief vir julle, julle moet luister na my. Die mense van die wêreld dink miskien dat party mense arm is, maar júlle weet dat God arm mense gekies het om ryk te wees. Hulle is ryk omdat hulle in Hom glo en omdat Hy belowe het dat Hy die Koning sal wees van die mense wat lief is vir Hom.
6 Maar dit is júlle wat arm mense verneder het. Julle het dit gedoen, maar julle weet goed dat dit die ryk mense is wat vir julle laat swaarkry en dat dit húlle is wat vir julle na die hof toe vat.
7 En julle weet ook goed dat dit die ryk mense is wat die mooi Naam van God laster, God aan wie julle behoort.
8 Die hemelse Koning sê in sy wette in die Ou Testament: “Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.”As julle dit doen, dan het julle ’n goeie ding gedoen.