1 Ryk mense, julle moet luister, julle moet huil en skree oor die slegte dinge wat met julle sal gebeur.
2 Julle het baie goed bymekaargemaak, maar dit het vrot geword, en die motte het julle klere gevreet.
3 Julle goud en silwer het geroes, en die roes sal wys watter slegte dinge julle gedoen het. Roes vreet goud en silwer, en die vuur van die Here se straf sal ook vir julle brand, want julle het mooi en duur goed bymekaargemaak in hierdie laaste dae voordat die Here kom.
4 Kyk wat het julle gedoen! Julle het nie die mense betaal wat koring afgesny het op julle lande nie. Die geld wat húlle moes gekry het, beskuldig nou vir júlle. Ja, die Here wat oor alles regeer, hoor altyd wanneer die mense wat die koring afgesny het, skree en vra dat Hy hulle moet help.
5 Hier op die aarde het julle duur goed gekoop en julle het die lewe geniet. Julle het vet geword toe die tyd al naby was, die tyd wanneer die Here almal sal straf wat verkeerd gedoen het.
6 Julle het gesê onskuldige mense is skuldig. Hulle kon julle nie keer nie en hulle kon hulleself nie verdedig nie, maar julle het hulle vermoor.
7 Vriende, julle moet geduldig wag totdat die Here kom. Julle weet dat ’n boer geduldig wag om al die koring op die land af te sny. Hy moet geduldig wag totdat die vroeë reën en die laat reën geval het.