24 Die Jode het die mense na Johannes toe gestuur. Party van die mense was Fariseërs.
25 Die Fariseërs het vir Johannes gesê: “Jy sê jy is nie die Christus of Elia of die profeet nie. Hoekom doop jy die mense?”
26 Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water. Maar daar is Iemand by julle, julle ken Hom nie.
27 Hy is die Een wat sal kom nadat ek gekom het. Hy is baie belangrik, ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.”
28 Dit het alles gebeur in die stad Betanië anderkant die Jordaan-rivier. Johannes het die mense daar gedoop.
29 Die volgende dag het Johannes gesien Jesus kom na hom toe. Johannes sê toe hard: “Kyk, daar is die Lam wat God vir ons gee! Hy sal die sonde van die wêreld wegneem.
30 Ek het van Hóm gepraat toe ek gesê het: ‘Ek het gekom, en ná my sal ’n Man kom. Hy is belangriker as ek, want Hy was daar lank voor my.’