44 Filippus het in Betsaida gewoon. Dit was dieselfde stad waar Andreas en Petrus gewoon het.
45 Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Moses het in sy boeke geskryf oor die Man wat sal kom, en die profete het ook oor Hom geskryf. Ons het Hom gekry! Sy naam is Jesus. Hy is die seun van Josef en Hy kom van die stad Nasaret.”
46 Maar Natanael het vir hom gesê: “Nasaret? Kan daar uit Nasaret iets kom wat goed is?”Filippus sê toe vir hom: “Kom kyk!”
47 Jesus het vir Natanael gesien nader kom en Hy het gesê: “Hierdie man is ’n ware Israeliet! Hy is nie vals nie.”
48 Natanael vra toe vir Jesus: “Hoe weet U dit? Ken U my?”Jesus sê vir hom: “Ek het jou daar onder die vyeboom gesien voordat Filippus jou geroep het.”
49 Natanael het vir Jesus gesê: “Rabbi, U is die Seun van God! U is die Koning van Israel!”
50 Jesus het vir hom gesê: “Jy glo in My omdat Ek vir jou gesê het Ek het jou daar onder die vyeboom gesien, maar jy sal nog dinge sien wat baie wonderliker is!”