11 Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder sal sterf sodat sy skape kan lewe.
12 Iemand wat geld kry om die skape op te pas, sal nie doen wat die Goeie Herder doen nie. Iemand wat geld kry om die skape op te pas, is nie regtig ’n herder nie, en dit is nie sy skape nie. Wanneer hy sien ’n wolf kom, dan los hy die skape en hy hardloop weg. Dan vat die wolf die skape weg en hy jaag hulle na al die kante toe.
13 Ja, iemand wat geld kry om die skape op te pas, is nie regtig bekommerd oor die skape nie.
14 “Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en my skape ken My,
15 soos die Vader My ken en soos Ek die Vader ken. Ek sal sterf sodat my skape kan lewe.
16 Ek het ook ander skape wat nie in hierdie kraal is nie. Ek moet ook voor hulle loop. Hulle sal ook na my stem luister. Al my skape sal eendag in een trop wees en Ek sal die hele trop se herder wees.
17 Die Vader is lief vir My, want Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek sal sterf sodat Ek weer kan lewe.