1 Lasarus was siek. Hy het in Betanië gewoon. Betanië was ’n dorpie waar Lasarus se susters Maria en Marta ook gewoon het.
2 Dit was Maria wat lekkerruik-olie op die Here se voete uitgegooi het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Haar broer Lasarus was siek.
3 Die twee susters het iemand gestuur om vir Jesus te sê dat Lasarus siek is, Lasarus vir wie Jesus lief was.
4 Toe Jesus hoor dat Lasarus siek is, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie vir Lasarus doodmaak nie. God sal sy siekte gebruik om te wys dat Hy God is. Dan sal die mense kan sien dat Ek, die Seun van God, ook God is.”
5 Jesus was lief vir Marta en haar suster en vir Lasarus.
6 Jesus het gehoor dat Lasarus siek is, maar Hy het nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.
7 Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan weer na Judea.”