45 Baie Jode wat na Maria toe gekom het, het gesien hoe Jesus vir Lasarus weer laat lewe het, en hulle het in Jesus geglo.
46 Maar party Jode het na die Fariseërs toe gegaan en het vir hulle vertel wat Jesus gedoen het.
47 Die priesterleiers en die Fariseërs het vergadering gehou. Hulle het gesê: “Jesus doen so baie wondertekens, ons weet nie wat ons moet doen nie.
48 As ons niks aan Jesus doen nie, dan sal al die mense in hom glo. Dan sal die Romeine ons tempel afbreek en ons volk verwoes.”
49 Kajafas was een van die mense wat by die vergadering was. Hy was daardie jaar die hoëpriester. Hy het vir hulle gesê: “Julle weet niks,
50 julle verstaan nie dat dit beter is as een mens sterf en nie die hele volk nie. Dan sal die hele volk nie verlore gaan nie.”
51 Kajafas se woorde het nie van homself gekom nie. Hy was daardie jaar hoëpriester, daarom het God hom laat sê wat sal gebeur. Kajafas het gesê Jesus sal sterf sodat die volk kan lewe.