28 Jesus het gebid en gesê: “Vader, wys dat U God is!”Toe het God uit die hemel gesê: “Ek het gewys dat Ek God is en Ek sal dit weer doen.”
29 Die mense wat daar was, het dit gehoor. Party het gesê: “Ons hoor donderweer,” en ander mense het gesê: “’n Engel het met Jesus gepraat.”
30 Jesus het vir hulle gesê: “God het uit die hemel gepraat, nie sodat Ék sy stem kan hoor nie, maar sodat júlle sy stem kan hoor.
31 Nou sal God die mense van die wêreld oordeel. Nou sal Hy die Satan, die leier van die mense van hierdie wêreld, oorwin.
32 Wanneer Ek hoog bo die grond is, dan sal Ek almal nader trek na My toe.”
33 Toe Jesus gesê het Hy sal hoog bo die grond wees, het dit beteken Hy sal aan ’n kruis hang.
34 Die mense het vir Jesus gesê: “Ons het in die Ou Testament gelees dat die Christus vir altyd op die aarde sal bly, maar jy sê die Seun van die mens sal hoog bo die grond wees. Wie is die Seun van die mens? Van wie praat jy?”