36 Ek is die Lig en Ek is nou hier by julle. Julle moet in My glo, dan sal julle kinders van die lig wees.”Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy weggegaan, en hulle kon Hom nie kry nie.
37 Die mense het baie wondertekens gesien wat Jesus gedoen het, maar hulle het nie in Jesus geglo nie.
38 Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het: Here, niemand het geluisterna wat ons sê nie,niemand het besef hoe sterkdie Here is nie.
39 Jesaja het ook gesê hoekom hulle nie kon glo nie.
40 Hy het gesê: God het die mense se oëblind gemaak,Hy het hulle harte hard gemaak.Daarom kon hulle oë nie sien nie,en hulle harte kon nie verstaan nie,en hulle het nie begin lewesoos God wil hê nie.Daarom sal Ek hulle niegesond maak nie, sê God.
41 Jesaja het dit alles gesê, want hy het gesien Jesus is God. Hy het van Jesus gepraat.
42 Baie mense het in Jesus geglo, ook party van die leiers, maar hulle het dit vir niemand vertel nie. Hulle was bang dat die Fariseërs sal sê hulle mag nooit weer in die sinagoge kom nie.