12 Toe Jesus die dissipels se voete klaar gewas het, het Hy sy bo-kleed aangetrek. Hy het weer by die tafel gaan sit en Hy het vir die dissipels gevra: “Verstaan julle wat dit beteken dat Ek julle voete gewas het?
13 Julle noem My ‘Meneer’ en ‘Here.’ Dit is reg, want dit is wat Ek is.
14 Ek is julle Here en julle Meneer, maar Ek het julle voete gewas. Daarom moet julle ook mekaar se voete was.
15 Ek is vir julle ’n voorbeeld. Julle moet ook doen wat Ek vir julle gedoen het.
16 Ek sê vir julle, en dit is seker: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. ’n Boodskapper is ook nie belangriker as die man wat hom gestuur het nie.
17 Julle het nou gehoor wat Ek sê. As julle dit doen, dan sal julle gelukkig wees.
18 “Ek praat nie van julle almal nie. Ek weet vir wie Ek gekies het. Die woorde wat in die Ou Testament geskryf is, sal waar word. Daar is geskryf:“’n Man wat saam met my eet,het my vyand geword.