20 Ek sê vir julle, en dit is seker: Wanneer Ek iemand stuur om ’n boodskap te bring, en die mense luister na hom, dan luister hulle ook na My. En wanneer mense na My luister, dan luister hulle na die Vader wat My gestuur het.”
21 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy baie hartseer en ontsteld geword en Hy het ernstig gepraat en vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Een van julle sal My verraai.”
22 Die dissipels het na mekaar gekyk. Hulle was baie verbaas, want hulle het nie geweet van wie Jesus praat nie.
23 Een van die dissipels het langs Jesus gesit. Dit was die dissipel vir wie Jesus lief was.
24 Petrus het vir daardie dissipel gewys hy moet vir Jesus vra wie Hom sal verraai.
25 Die dissipel wat langs Jesus gesit het, vra toe vir Jesus: “Here, van wie praat U? Wie is die persoon wat U sal verraai?”
26 Jesus het gesê: “Ek sal ’n stukkie brood in die sous druk en Ek sal dit gee vir die een wat My sal verraai.”Jesus druk toe ’n stukkie brood in die sous en Hy gee dit vir Judas seun van Simon Iskariot.