28 “Julle het gehoor Ek vir julle sê Ek gaan weg, en Ek kom weer terug na julle toe. As julle lief is vir My, dan sal julle bly wees dat Ek teruggaan na die Vader, want Hy is belangriker as Ek.
29 Ek het nou vir julle alles vertel voordat dit gebeur, sodat julle in My sal glo wanneer dit gebeur.
30 Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die Satan, die leier van die mense van die wêreld, kom. Hy is nie sterker as Ek nie,
31 maar Ek wil graag hê die mense van die wêreld moet weet dat Ek lief is vir die Vader. Daarom doen Ek alles wat die Vader vir My gesê het. Julle moet nou opstaan, want ons moet gaan.”