10 Simon Petrus het ’n swaard by hom gehad. Hy het dit uitgeruk en hy het ’n slaaf van die hoëpriester daarmee gekap. Hy het die slaaf se regter-oor afgekap. Die slaaf se naam was Malgus.
11 Toe sê Jesus vir Petrus: “Sit jou swaard terug op sy plek. My Vader wil hê Ek moet die beker van swaarkry drink, en Ek sal dit drink.”
12 Die soldate, die offisier en die wagte van die Jode het vir Jesus gevang en hulle het Hom vasgebind.
13 Hulle het Hom eers na Annas toe geneem. Annas was die skoonpa van Kajafas. Kajafas was daardie jaar hoëpriester.
14 Dit was Kajafas wat vir die Jode gesê het dit is beter dat een mens sterf sodat al die mense van die volk kan lewe.
15 Simon Petrus en ’n ander dissipel het Jesus gevolg. Die hoëpriester het die ander dissipel geken. Daarom het die ander dissipel saam met Jesus ingegaan tot voor die huis van die hoëpriester,
16 maar Petrus het buite by die hek gebly staan. Later het die ander dissipel uitgekom, die hoëpriester het daardie dissipel geken. Die ander dissipel het met die vrou gepraat wat waggestaan het by die hek, en sy het vir Petrus laat inkom.