20 Jesus het vir hom gesê: “Ek het altyd met die mense gepraat waar almal My kon sien. Ek het vir die mense geleer in die sinagoges en in die tempel waar baie Jode bymekaarkom. Ek het vir hulle geleer waar almal dit kon hoor.
21 Hoekom vra jy hierdie dinge vir My? Jy moet vir die mense gaan vra wat My gehoor het. Hulle weet wat Ek gesê het.”
22 Een van die wagte het daar naby gestaan. Toe hy hoor wat Jesus sê, klap hy vir Jesus en sê: “Jy moenie so lelik met die hoëpriester praat nie!”
23 Jesus het vir hom gesê: “As Ek iets verkeerd gesê het, dan moet jy vir My sê wat Ek verkeerd gesê het. Maar as Ek niks verkeerd gesê het nie, dan mag jy My nie klap nie.”
24 Toe het Annas vir Jesus na Kajafas gestuur. Kajafas was die hoëpriester. Jesus was nog vasgebind.
25 Simon Petrus het nog buite by die vuur gestaan en hy het homself warm gemaak. Die ander mense wat daar gestaan het, het vir hom gevra: “Is jy ook een van Jesus se dissipels?”Petrus het gesê: “Nee, ek is nie.”
26 Een van die slawe van die hoëpriester het ook daar gestaan. Hy was familie van die man wie se oor Petrus afgekap het. Hy het vir Petrus gesê: “Ek dink ek het jou saam met Jesus in die tuin gesien.”