1 Toe het Pilatus vir die soldate gesê hulle moet vir Jesus met ’n sweep slaan.
2 Die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en hulle het dit op Jesus se kop gesit. Hulle het vir Jesus pers klere aangetrek.
3 Toe het hulle weer en weer na Hom toe geloop en gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!”Elke maal het hulle Hom geklap.
4 Pilatus het weer buitetoe gegaan. Hy het vir die Jode gesê: “Kyk, ek sal nou vir Jesus buitetoe laat kom na julle toe, sodat julle kan weet ek dink Jesus het niks verkeerd gedoen nie.”