15 Hulle het hard geskree: “Jy moet vir Jesus wegvat! Jy moet hom wegvat! Jy moet hom laat kruisig!”Pilatus het vir hulle gevra: “Moet ek vir Jesus, julle koning, laat kruisig?”Die priesterleiers het vir Pilatus gesê: “Jesus is nie ons koning nie! Ons het net een koning, en dit is die keiser!”
16 Toe het Pilatus gesê die priesterleiers mag vir Jesus vat en Hom laat kruisig.Die soldate het vir Jesus weggevat om Hom te kruisig.
17 Jesus het self sy kruis gedra en Hy het uit die stad gegaan, na die Kopbeenplek. Die Hebreeuse naam van die plek is Golgota.
18 Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het twee ander mans saam met Hom gekruisig, een links langs Jesus en een regs langs Hom.
19 Pilatus het op ’n plank bo-aan die kruis laat skryf: “Hier hang Jesus van Nasaret, die koning van die Jode.”
20 Baie Jode het gelees wat daar geskryf was, want die plek waar die soldate vir Jesus gekruisig het, was naby die stad. Die woorde op die plank was in Hebreeus, Latyn en Grieks.
21 Die Joodse priesterleiers het toe vir Pilatus gaan sê: “Jy moenie skryf: ‘Jesus, die koning van die Jode’ nie. Jy moet skryf: ‘Jesus het gesê hy is die koning van die Jode.’ ”