24 Die soldate het vir mekaar gesê: “Ons moenie die onderkleed stukkend skeur nie. Dit sal beter wees as ons lootjies trek om te sien wie dit moet kry.”Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf: Hulle het my kleretussen hulle gedeel.Hulle het lootjies getrekoor my klere.Dit is wat die soldate gedoen het.
25 Jesus se ma het naby sy kruis gestaan. Haar suster was ook daar, ook Maria vrou van Klopas, en Maria Magdalena.
26 Jesus het gesien sy ma staan daar en ook die dissipel vir wie Hy lief was. Toe sê Jesus vir sy ma: “Mevrou, daardie dissipel is nou jou seun.”
27 En Hy sê vir daardie dissipel: “Daardie vrou is nou jou ma.”Van toe af het daardie dissipel vir Jesus se ma by hom laat woon.
28 Jesus het geweet al sy werk op aarde was nou klaar. Daarom het Hy gesê: “Ek is dors.”Hy het dit gesê sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is.
29 Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het ’n spons vol suur wyn gemaak en hulle het dit op ’n hisop-tak gesit. Hulle het dit teen Jesus se mond gedruk.
30 Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!”Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.