29 Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het ’n spons vol suur wyn gemaak en hulle het dit op ’n hisop-tak gesit. Hulle het dit teen Jesus se mond gedruk.
30 Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!”Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.
31 Dit was die dag toe die Jode alles gereedgemaak het vir die Sabbatdag, ’n baie belangrike Sabbatdag. Die Jode wou nie hê Jesus en die ander twee mans se liggame moet op die Sabbatdag aan die kruise hang nie. Daarom het die Jode vir Pilatus gevra dat sy soldate eers hulle bene moet breek voordat die soldate die liggame van die kruise afhaal.
32 Die soldate het gegaan en hulle het die eerste man se bene gebreek. Toe het hulle ook die bene gebreek van die ander man wat saam met Jesus gekruisig is.
33 Toe die soldate by Jesus kom, sien hulle Jesus is klaar dood. Daarom het hulle nie sy bene gebreek nie,
34 maar een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
35 Die man wat dit alles sien gebeur het, het dit vertel. Wat hy vertel het, is die waarheid. Hy weet dat hy die waarheid praat. Hy doen dit sodat julle kan glo.