32 Die soldate het gegaan en hulle het die eerste man se bene gebreek. Toe het hulle ook die bene gebreek van die ander man wat saam met Jesus gekruisig is.
33 Toe die soldate by Jesus kom, sien hulle Jesus is klaar dood. Daarom het hulle nie sy bene gebreek nie,
34 maar een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
35 Die man wat dit alles sien gebeur het, het dit vertel. Wat hy vertel het, is die waarheid. Hy weet dat hy die waarheid praat. Hy doen dit sodat julle kan glo.
36 Dit alles het gebeur sodat dit waar kon word wat in die Ou Testament geskryf is: “Die mense sal nie sy bene breek nie.”
37 Op ’n ander plek in die Ou Testament is geskryf: “Hulle sal Hom sien, Hy is die Een, hulle het Hom met ’n spies gesteek.”
38 Josef van die stad Arimatea was ’n dissipel van Jesus, maar dit was ’n geheim, want hy was bang vir die Jode. Nadat Jesus gesterf het, het Josef vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam mag wegneem. Pilatus het gesê hy mag dit doen. Toe het Josef gegaan en hy het Jesus se liggaam gaan afhaal van die kruis.